Dirty Harry agter ’n inkopie trollie.

Inkopie sentrums ( lees ‘Malls’ as jy dit so verkies ) is vir my oor die algemeen nie die ideale plekke om tyd te spandeer nie. Baie mense, kinders wat tekere gaan soos besetenes, betaalpunt staf wat grens aan hulpeloos en trollies. Trollies wat in die hande van die verkeerde persoon jou hakskene kan vermink. Die broertjiedood wat ek het aan die trollie is wanneer mense dit gebruik om die rye te blokkeer en gesprekke tussen die rakke aan te knoop. En ongelukkig ( I’m yet to be proven wrong ) verloor hulle al die bedagsaamheid wat hulle mag hê en in uitermatige gevalle maak dit hulle windgat.

Daar is nie ’n duidelike profiel vir hierdie persone nie, maar ek kan uit ondervinding en observasie sê, meeste van die tyd is die skuldiges die skoner geslag. Ek hoor iemand skreeu nou ‘Jy het ’n verskuilde agenda teen vrouens en..en..en..’ maar ek het nie. As jy skuldig voel oor die saak, moenie verder lees nie.

As daar 2 vrouens met elkeen ’n trollie vol kruideniersware in een ry afkom, wees gewaarsku : hier kom ’n gesels . Hierdie trollie-parkeer-in-die-rye sindroom lyk asof dit inval met party vrouens se natuurlike gawe om baie te praat. Ek het dit vryday ervaar waar ek ( met ’n volgelaaide trollie ) om die hoek van die waspoeier rak gaan en sowaar as wragtig, daar reg voor my, is twee vrouens wat staan en klets by hulle trollies. Die vrou naaste aan my kyk ook sommer ’n gat tussen my oë en as dit nie vir my trollie ( ironies né? ) was nie, het ek omgeval.

Daardie ysige staar is iets wat selfs die gehardste compulsive shopper sal stop. Dis die kyk wat Clint Eastwood in ‘Dirty Harry’ gee. Tot die woorde “Do you feel lucky punk?” spring in my gedagtes op. Ek het toe die bedagsame ding gedoen en die ry heeltemaal geskip en in die volgende een in beweeg.

Heeltemaal verontwaardig en sonder bedagsaamheid, het ek in die volgende paar rye dieselfde versperings gesien ( minus Dirty Harry se kyk gelukkig ) en dit het my opgeval dat nie een van die mense wat ek sien praat terwyl hulle die rye blokkeer regtig bewus is van wat om hulle aangaan tot jy amper op hulle is nie. Dan wil hulle jou aanvat ( en dit kan insluit : vloek, stukkend kyk of net uittrap want ‘kan ek nie kyk waar ek loop nie?’ ) of ’n patetiese poging aanwend om uit die pad te beweeg. Dan kry hulle nog so laaste hou in en hulle beweeg reg voor jou sodat jy moet uitswaai. Dis nie ’n geveg wat die bedagsame mens kan wen nie. Nog iets wat die moeite werd is om te noem, is dat hierdie ‘noodstop’ 80% van die gevalle reg aan die begin en einde van die rye is. Onbedagsame mens 2 – bedagsame dude 0.

Vir my lê die probleem by die trollie self. Dis die katalisator vir al die verkeersknope binne inkopie sentrums. Sonder hulle bestaan seer hakke nie. Sonder trollies sal mense ( ja, ja feministe ek praat van almal ) nie die pad versper terwyl hulle staan en praat oor watter produk die beste is vir daaglikse vesel inname of kibbel oor die pryse wat inelkgeval te hoog is ongeag wat die advertensies op tv en die pamflette in jou posbus sê. Almal sal aanbeweeg en indien 2 persone met mekaar praat sal hulle mandjies of die kleiner tipe trollies hê wat my en al die ander mense wat soos ek voel ten minste die gaping kan gee om verby te gaan. Dan hoef ek nie te vloek nie en jy hoef nie vir my te kyk soos Dirty Harry nie.

Hoekom pla dit my so geweldig wil jy weet? Alleenlik vir die rede dat ek bedagsaam genoeg is vir almal om my want die samelewing verwag mans moet die voortou neem en voorbeeld stel as dit by bedagsaamheid kom (die ‘gentleman effect’). Ek vra slegs dat jy, geagte ‘lane blocker’ my dieselfde mate van bedagsaamheid gun en op die lang duur sal ons mekaar misloop (ek kan net hoop) en die tyd wat ons tussen die rakke van ons gunsteling winkels spandeer geniet en nie langer maak as nodig nie.

Long time no blog…

Due to popular demand is ek terug. :p Nee ek grap sommer, ek het in die bad gesit en gewonder of my blog nog bestaan en dit lyk my dit doen wel. Vergewe my, my talent vir die obvious moes eintlik op tv gewees het. Ek het aangelog en so paar comments approve ( dankie vir die mense wat gecomment het ;) ) en probeer om deur my selfoon te blog maar samsung suck so bietjie want ongelukkig laat dit jou net toe om 256 characters in die ‘post’ blok te sit. Ek praat min maar ek tik baie.

Die laaste ruk is ek nogal besig om development te doen en verder php aan te leer. Enige iemand wat sê dat dit lekker is om vir jouself te werk is net halfpad reg. Die ander helfte is moerse harde werk wat insluit human relations, advertising, financial planning, admin en nog ander goed. Maar laat ek nie hierdie long awaited post op mors nie.

Ek het saam met die werk gedink aan dinge om oor te blog. Nie net die gewone ou goed soos korrupt politicians, onnosel politicians, lazy politicians, poor service delivery, hoë petrol pryse, onwettige immigrante, bad reality shows op tv, repeats op tv ( en ons tv lisensies betaal kamstig vir nuwe programme –cough cough bullshit — ) en ander goed wat die nuus en ons lewens dominate nie, maar goed wat meer relevant is aan my en dinge wat om my aangaan.

Ek gaan nie ook nie belowe wanneer die eerste post na my hibernation gaan wees nie maar ek hoop dit is voor die einde van die jaar :)

Thanks vir almal wat nog visit in die hoop om ’n nuwe post te sien, ek sal probeer om nie te disappoint nie

P.S Ek het ook nooit notification gekry van die laaste comments nie, ek wonder waar het wordpress ( of ek ) nou weer opgedinges.

Vervalsing van paspoorte maak my moerig..en raak my finansieël

In 2008 het ek my passpoort gekry. Hel ek was so excited, ek het my ticket to freedom gehad, die proverbial get out of S.A card.

Ek was redelik stoked ( opgewonde ) toe ek dit gaan afhaal, want nie net het die my R165.00 gekos nie, maar ook R 20.00 vir vier kleur fotos. ’n Totaal van R 185.00. Die dame gee ewe vriendelik vir my haar persoonlike kantoor telefoon nommer en smile so vriendelik “Bel maar oor so twee maande.” Great stuff, ek vertrek huis toe en sit hierdie paspoort storie heelagter in my gedages. Ek file dit onder stuff to do in two months. Two months come, two months go. Ek bel die kantoor en n man vertel my “Phone again in two weeks. There is a problem at the department with your passport”. Ahh. Stress vlak skyf toe nou al 1 punt op. Na twee weke pitch ek toe daarso. Surprise surprise. My paspoort is nog nie daar nie. Deep breath, dit help nie jy kry jou paspoort en jy sit agter tralies vir saakbeskadiging nie. Ek ry weer huistoe.

Een hele maand later, rock ek weer daar op. Whoa. My paspoort is daar en net om seker te maak niemand het my confuse met n nigerian nie, check ek my foto / details. Als reg!!

Tot ek vanaand ( wel gisteraand ) nuus kyk. Nuwe paspoorte oor dit so maklik is om die suid-afrikaanse paspoort te vervals. Wat de donner?

My stress vlak is nou n de donner in vlak. Wil hierdie departement wragtig vir my sê ek gaan WEER R 185.00 moet uit haal en WEER 3-4 maande moet wag vir my “nuwe” paspoort? Se moer. Ek gaan nie n sent uithaal vir n ander paspoort nie. Die regering kan ten minste man up en sê “Dis ons skuld want ons maak crappy paspoorte en ons dink nie die publiek moet opdok vir ons incompetence nie.” Hel, ons moet nou al klaar R 900.00 vir n visa betaal om net in die UK intekom? Wat de donner?

Hierdie is seker weer die resultaat van n korrupte staatsamptenaar wat gefire is en toe gee hy die hele paspoort making kit vir n bliksem wat wil stront aanjaag.

Jy moet egter nie verbaas wees nie, want vir jan publiek wat hier bly, hier werk en belasting betaal vat dit maande en maande vir ID boeke en paspoorte. And don’t get my started on drivers licenses. Maar onwettige immigrante wat oor die grens spoel soos n bad wave of crime, hulle kan so vinnig ID boeke en citizenship kry dat hulle sommer die hele gesin bel en oornooi.

Hoor my lied. Sodra hierdie nuwe paspoort storie in werking tree gaan ek die departement van binnelandse sake nader. En ek gaan hoor of ek inlyn is vir n discount. Damn, my paspoort het nog nie eers een internasionale border gecross nie. Dis nog mint. Maybe moet ek dit verkoop? Haha. If the government wont refund me, maybe someone else will.

Ps. Ek wou oor clarkson post maar hierdie storie het my heel fired up.

Is julle ook so gatvol vir Mugabe soos ek?

Hierdie is my eerste post vir hierdie jaar en ek wou al klomp keer iets skryf maar niks het my nog rerig so ge-motivate soos Mugabe nie. [ P.S dankie vir al die kersfees wense en nuwejaar's voorspoed :) ] Ek hoor vandag op die nuus “Mugabe has stepped up it’s criticism of the opposition”. Wtf? Hoeveel meer kan die ou nou nog werklik “step up”? Pleks “wake up” hy. Cholera epidemie ring any bells?

Maar jy moet hom actually commend vir sy behaviour, nie die slegte en crap besluite wat hy maak nie, maar dat hy die guts het om net aan te gaan. Want as jy nou kyk, wie keer hom?

SADEC? Nah. Hulle like net vergaderings hou. Ek wonder of hulle enige iets al achieve het behalwe om n laughing stock van hulle self te maak.

Suid Afrika? Nah. Ons het so baie surplus geld lyk dit vir my dat ons dit kan weggee aan n land wie se ekonomie met n inflasie van 2 miljoen percent sit. Is daai geld n lening en if so, hoe lank gaan zimbabwe vat ( as hulle weer op hulle voete is, if ever, ) om dit terug te betaal? Die geld is toe nie oorhandig nie, maar dit sal slegs gebeur as daar n “government of unity” is. Logic sê vir my die volgende: As R300 miljoen en 4 maande se samespreking nie ’n government of unity kan teweeg bring nie, sal niks doen nie. Btw, ons regering het ook genoem dat hulle nie militêre aksies oorweeg teen hom nie.

Die U.N? Rofl. Wat se power het die U.N al gewys? Hulle flex political muscle met sanctions en travel restrictions. Tip vir die U.N: Hoekom sal mugabe na sucky koue plekke soos Europa wil gaan as hy Singapore en Honk Kong kan frequent? Maybe moet die U.N hulle finger uittrek en dink aan military intervention. Lyk my dis al wat die krisis sal oplos.

Amerika en Brittanje. Nah. Daai twee lande het nou basically Mugabe se “middle east” en “axis of evil” geword. Hy flame hulle elke kans wat hy het, brand hulle leaders idiots en nog steeds sit hy in power en lag vir hulle. Twee van die sterkste nasies op aarde word deur n bankrupt afrika staat met GEEN invloed enige plek nie, geen military power whatsoever nie, die bird geflip. Actually heel snaaks.

So, in conclusion. Ek is nie net gatvol vir Mugabe nie, ek is gatvol vir al die supposed mediators, groepe, leiers en almal wat nie die brains of balls het om die ou net te wil stop nie. Clearly help praat nie.

Springbok embleem op die ‘change-this-it’s-too-pre-94’ lys geplaas

Die Springbok is al jare lank die embleem vir die rugby span. Lank voor die apartheid’s jare tot nou. Deur 4 world cup’s (sedert ‘re-admittance’, waarvan ons 2 gewen het ) , deur Tri-nations toernooie, n hele klomp toere van die wêreld, asook internasionale toetse op eie bodem. Deur dit alles het mense van alle rasse, van alle ouderdomme saamgekom elke keer as die Springbokke op die veld draf, en ons het hulle gecheer met “Go Bokke’. Nou is dit ook in die line of fire. Die springbok is een van vele ander dinge wat onder skoot is en op is vir verandering.

Wat is die doel met die verandering? En hoekom juis nou? Wat probeer Bhutana Komphela uitrig ?

Hier is n quote wat hy na bewering op die National Sports Indaba in Durban gemaak het “The Springbok divides us. We have a responsibility to unite our country on one national emblem” verder “Minister, I want you to observe the arrogance of the white people on the Springbok emblem”

Nice né? Asof net witmense rugby kyk. Asof daar net 30 wit spelers in die Springbok groep is. “arrogance of the white people” . Moerse statement dude. Het Bhutana Komphela elke wit mens wat rugby support ontmoet? Het hy almal wat elke toets wat die Springbokke skree gequery oor dit? En het hy nie opgemerk dat swart mense, bruin mense en ander rasse ook die springbokke ondersteun nie?

“The Springbok divides us.” Bullshit. Wanneer laas was daar enige issue oor die embleem? Toe die ’95 world cup winning team deur die strate beweeg het, was dit net wit mense? By die ’07 final match het ex-pres Mbeki saam die spelers gecelebrate. Voor die bokke oor is het die sabc gelukwensings op die tv uitgesaai, van klomp mense, wit, swart, indiër en meeste mense het gesê “Go Bokke”. Niemand het gekak en kerm oor die embleem nie. Niemand het protes ( die woord [protes] word moer baie vir insignificant goed gebruik deesdae ) aangeteken oor die embleem nie. Dit het ons gebind as n nasie. Nie ‘divide’ nie.

Wat ons ‘divide’ is die volgende: Mense wat nie op grondvlak is nie, wat uit n ander orifice as hulle mond praat. Misdaad. Affirmative action. Politiek. Daai is die goed wat mense divide imo. Nie sport of sport embleme nie. Dis kak. ( sien orifice comment ).

Soos met ander ‘noodsaaklike veranderings’ dink ek persoonlik dis n aanval op wit afrikaners se identiteit as burgers van die land. ‘n Afbreek op die wit man. Let maar op na veranderings van dorp name, straat name. Wie vind aanstoot deur n plek se naam? Tensy dit n genuine racist naam is. Dit sal my ook afpis. (‘n Voorbeeld van sheer lunacy is om Amanzimtoti se naam te wil verander. Wat is racial of racially motivated in daai naam? Comments oor dit sal verwelkom word )

Om die embleem te verander is pathetic en n pathetic manier om ander probleme te verberg. Pleks gaan al die geld wat nodig gaan wees vir die veranderings proses na waardige causes toe soos om sports academies te bou, sport spanne se toerusting op te knap, ander vlakke van sport op te bou. Los die ras uit enige sport uit.

En as die embleem wel verander waarna kyk ons as opvolger vir dit? Watse dier / simbool / kan ons te wagte wees? Ek reken ons kyk na iets soos ‘Zakumi’  Pathetic.

Vir my sal die span altyd die springbokke bly, regardless van die changes. Noem my maar iemand wat dwars draai teen verandering, ek sê egter “If it ain’t broke, don’t fix it.”

Olimpiese drome?

Wel, dis nogal n rukkie sedert my laaste post. Thanks vir almal wat wonder oor waar ek is en my welstand. dit word waardeer. Die laaste rukkie is prestasie nogal op my mind. Om meer spesifiek te wees, prestasie van ons olimpiese span. Ek is n realis van nature so ek het expect ons gaan nie te goed vaar nie, maar dit was nie net my “realistic view” nie wat dit kon predict het nie. Ons vorige records is nie stellar nie. Lande soos Amerika, Rusland en China kry in een spele meer medaljes as wat ons sover vanaf Atlanta gekry het. Dis nou 1996. Ok kom ek wees realisties ( soos ek claim ). 1996 kon ons nie rerig baie verwag nie. Hel, net om in die spele te wees is n moerse eer, die sanksies en stuff het ons nogal gescrew pre 1994. So 1996 was ons “get back in the saddle” jaar. Niemand het rerig groot dinge verwag nie en die medaljes wat ons gekry het was soos kersfees bonus.

Nou begin die volgende spele aankom. En dis nou waar die preverbial sh!t die fan strike. As ek dit nie mis het nie, het S.A tennis bankrot gespeel. So daar is ons tennis hopes moertoe. En boonop ( en ek wil net graag hierso convey dat ek nie rassisties is nie, ek spreek net n punt aan soos ek dit sien. ) word ons sport net soos besigheid gemerk deur die afskuwelike ding genaamd “affirmative action”. Blanke mense, indiers, bruin mense word poste geweier oor hulle nie swart is nie en swart mense ( hoofsaaklik, want dis hoe dit vir my lyk ) word in hierdie poste in gedruk. Nou gil die anti-apartheids mense seker “Die rassistiese bliksem!”, maar hou eers n oomblik vas.

Ek kraak nie enige nie-blanke persoon af nie, ek sê bloot dat die affirmative action storie n pot kak is. Talent volle mense ( wit, swart, indier, bruin, etc ) besluit om elders werk te gaan soek oor die gemors. Mense wat ons land op soveel vlakke soos n tennis afrigter kon aanvul besluit nou eerder om hulle heil te gaan soek waar daar meer geleenthede en geld is. Geld is die ander afspring punt vir ons swak vertonings dink ek. Baie sport soorte het nie borge nie. So as ek byvoorbeeld n kaartjie soek vir n event in n ander land, is die kanse baie goed dat ek dit self moet koop. Ek praat nie van plaaslike sport nie, ek praat van internationale sport deelname. Ek meen , hel, ek oefen my selfs septies om in die suid afrikaanse span intekom, hoe verwag jy moet ek nou nog n vlieg kaartjie van der duisende rande bekostig? Get real. Dis genoeg om enige mens se moed en wil om te wen te knak.

Kyk na lande waar atlete goed doen en medaljes wen. Hulle atlete presteer buitengewoon goed en op n vlak is dit seker nasionale trots maar ek glo nie dit gaan enige iemand aanspoor om 6 of meer goue medaljes huistoe te bring nie. Incentive. Incentive bonus is die trek pleister. Gee n honger ou n burger en belowe hom nog ene en hy sal vir jou enige iets try doen. Ons land het nie daai incentives om die atlete aan die gang te kry nie. Ek is patrioties glo my, maar net n blinde ou sal nie hierdie storie kan raak sien nie.

Procrastinate.

procrastination.

Jy weet hierdie ding waarmee jy besig is moet NOU gedoen word, nie môre nie, nou. Jy kan die deadline sien asof dit n oncoming locomotive is wat jou gaan smash, maar jy worry nie. Hoekom worry jy nie? Jy procrastinate. Dit maak jou ‘n superhero. *Captain Procrastinate.

*Captain Procrastinate worry nie oor goed wat mere mortals affekteer nie. Dinge soos deadlines,ander mense se tyd, potential sales wat kan deurval affekteer hom / haar nie. Jy kan natuurlik sulke goed onder die aandag van die hero bring maar “onthou my ek moet dit vandag doen” is die key phrase wat jy gaan hoor. Ek wil die geheue van die held blameer maar jy kan nie regtig die grysmassa die fout gee nie, want as jy vir die superhero notas los, herhaaldelik fokus op die onderwerp en actually vir hom / haar te sê wat gedoen moet word, then “Ek het vergeet” just doesnt cut it.

Is doofheid dan *Captain Procrastinate se superpower? Kan ons mother nature blameer en sê “Ek het n defective gene wat my laat procrastinate?” Wie weet? Ek’s nie hier om te blog oor waar, wanneer en of ooit nie, ek wil net graag n uitdaging stel aan captain Procrastinate en sy sidekicks.

Let bietjie op, luister bietjie na mense om jou en besef die wêreld skuld jou jack. Niemand hoef jou iets te onthou nie. As jy kan onthou om elke dag op die internet te gaan en om elke dag vir ander mense te vra om jou te onthou dat jy moet onthou, dan is jy nie vergeetagtig nie. Lig jou lazy ass en word n komponent van die funksionerende groep weses wat ons noem “humanity”. Pitch in en doen jou deel. Sure niemand is perfek nie en procrastination is baie keer my favourite passtime maar hel, as dit by dinge kom wat jou credibility ( en even mense om jou se credility ) gaan opneuk skrik wakker en carpe diem.

*Captain Procrastinate is n fictional entity.

PS. vir die wat dink ek procrastinate by die werk, ek’s klaar met al die goed wat ek moet doen. ek’s captain effective :)

micromanagers.

managers wat heeltyd wil feedback hê oor elke ding wat jy doen, hoe jy dit doen etc etc. in n utopia waar niemand worry oor paranoia nie is dit seker n goeie ding as iemand heeldag oor jou skouer loer en jou heeltyd vra oor werk wat hulle gedoen wil hê. Of dalk as jy n persoon is wat wil bond met jou baas dan is hierdie die ideale ding vir jou. vir my is dit moerse annoying [ek ken my werk, as ek dit nie na 3 jaar ken nie a) sal ek nooit en b) wat maak ek nog hier? ]. en dit is ook n simptoom van iemand wat nie weet wat aangaan in die organisasie waar hy/sy werksaam is nie. let wel ek sê werksaam en nie baas nie, want micromanagers is nie altyd base nie, soms is hulle net iemand wat saam jou werk of dalk n familie lid wat heeltyd dinge wil reël. maar vir all intense purposes lees hierdie entry asof die micromanager jou werkgewer is.

Ek het n paar dinge agter gekom oor die micromanager

1. hulle is nie altyd perfeksioniste nie. jy kan stry dat hulle alles wil reg hê en professioneel wil voorkom, maar dan moet jy nie net oor sekere aspekte van jou besigheid micromanage nie. Go hard or go home. Micromanage jou hele besigheid. dalk raak dit suksesvol.

2. hulle is control freaks. jy sal emails kry van hulle, sms’e, en sommiges sal jou self op hulle facebook wil sit. in my humble opinion is dit net te veel. kyk ek mind nie om deel te doen nie, ek’s game vir die normale 8 – 5 werksdag, maar wanneer ek hier waai [tjaila] is werk my laaste probleem. vir al wat ek omgee kan die plek wegsink in oblivion in. en om jou baas op facebook te hê is…unspeakable. tensy jy heavy vriende met hom/ haar is of julle is related. verder dink ek dis invasion van privacy.

3. So goed soos hulle kan micromanage, so goed kan hulle ook blame shift. enige werk wat hulle nie kan doen nie, pass hulle aan. en as dit flop, wat dit 90% van die tyd gaan doen, raai wie bel die klient? Jou.( sure as jy al die pertinente inligting het kan jy enige iets doen, maar laat iemand n bom in jou skoot laat val en sê jy’t een minuut om dit uit te sorteer dan praat ons weer. ) Sucker. jip want niemand sal mos die baas in twyfel trek nie, duidelik is die een van sy “minions” of employees wat weer aangejaag het. Die rede hiervoor is dat n micromanager buitekant hulle working enviroment amper skisofrenies is. n doppelganger as jy wil weird raak.

4. Verbasing. Micromanagers is moerse verbaas as jy hulle die dag aanvat of as jy jouself vererg. Maar dan moet hier seker nog n aspek bykom “naief” want hoe lank dink jy moet mense onder jou stupid reelings werk en nie de donner in word nie? Soos ek voorheen genoem het, ek’s game vir werk maar moet my nie rondstuur van bakboord na stuurboord vir goed wat buite my werk- en salaris verband is nie. ek’s net n employee nie n persoonlike butler nie.

5. glory hogs. need i say more?

6. Ons. Hulle stuff-ups word “ons” stuff-ups. Micromanagers is gewoonlik onder die wan-persepsie dat omdat jy vir hulle werk jy deel is van die foute wat hulle maak. Maar (sien punt 5.) as kredit due is, raai waarheen gaan dit.

Maybe dink jy die is als overkill en ek het net personal issues, maar dan werk jy either vir jouself [en is heelmoontlik ook n micromanager] of jou baas is familie. of jou baas spandeer meer tyd op n gholfbaan as in die kantoor. If so, skryf jou eie blog daaroor.

*disclaimer. as jy n goeie micromanager is laat my weet. ek praat hier oor mense wat ek raakgeloop het en dis actually hoe hulle koppe werk.

wag.

“wag gou vir my”. sedert ek so paar jaar terug daai woorde begin hoor het net voor ek moes tjaila het dit n kompleks laat ontstaan by my. n kompleks wat avoidable is as ek sekere dinge doen. maar ek het lankal besluit ek gaan nie aan my wese afbreuk maak om ander mense te akkomodeer nie. Ongeag watse pos hulle beklee.

dit bring my nou by my redenasie. Om mense te laat wag is seker een van die ergste dinge wat jy kan doen. Erg in n sin van hulle weet die inevitable is op pad, dis net hulle weet nie wanneer nie. Jy kry n paar “wag vir my” scenarios.

“wag vir my”. as jy daai sin in die konteks gebruik waar dit 5 minute is voor jy huistoe gaan weet jy hier kom n lang wag, want A) die persoon op pad na jou toe het duidelik NIKS meegevoel met jou wat heeldag van 8-5 hard werk nie, nou wil hulle op die laaste nippertjie werk op jou dump. B) sy/haar dag was SO besig gewees en ongelukkig vir jou is 4:55 die enigste tyd wat hulle kon afknyp om weg te kom :/

“wag vir my”. as jy in n klere winkel vir n vrou wag. maak gereed vir n wag wat involve dat jy so paar keer jou opinie gaan moet gee, en jou opinie is altyd verkeerd. die wag is gewoonlik tussen 30 minute en 1 uur. Laat mens wonder hoekom klere winkels nie n paar leunstoele, bar fridge en groot lcd tv insit vir die manne nie. { lol , ek sien al klaar hoe flame die vrouens my }

“wag vir my”. die is seker die een wat my die meeste grief. Jy het al twee weke lank hierdie tyd gleuf uitgesit vir iets anders. en jou baas WEET jy moet gaan. maar, helaas sal die ………….. ( sit jou chosen profanity daar in ) jou terug hou en laat wag vir wie weet wat, wat gewoonlik ( 99,5%) niks is nie.

daar is heel moontlik nog klomp “wag vir my” stuff wat ek gemis het of nie van weet nie, so as jy voel ek het jou particular ene afgekseep comment dit in. asb. thx.

“Glory hogs”

“Glory hogs”. Mense wat jou werk sonder om twee maal te dink aftemaak as hulle eie, wetend dat sonder jou insette hulle geen idee sou gehad het waar, hoe en wat nie. Die issue steek my al n hele ruk in die krop want ek is in daardie ongelukkige situasie waar ek werk vir n glory hog. Die kenmerkende eienskap van die glory hog is dat hy/sy/hulle baie te sê het oor enige gegewe onderwerp maar sodra die spreekwoordelike “push comes to shove” moet gebeur het hulle nie n idee wat om te doen nie. Dis maar een van vele punte of wel negatiewe aspekte wat ek kan noem.

Die glory hog is ook baie keer n “one upper”. Die individueel sal met jou stry al is jou feite rakende ’n sekere onderwerp 100% korrek. Daar is altyd n “beter”, “vinniger”, “meer recent” iets as jy met hulle gesels.

Persoonlik het ek nie probleme met enige mense nie, “to each his own”. Daar is egter n handjie vol mense met eienskappe soos “one uppers” of “glory hogs” wat my onderkry. Veral as hulle in my nabye omgewing “operate”. :) n Mens kan net soveel allowance maak vir ander mense dan begin hulle jou irriteer.

My eenvoudige oplossing vir die “glory hog” is, doen werk en maak dit so intricate dat die persoon geen idee het wat aangaan nie en noodwendig sal hulle jou moet inroep en dan kry jy jou kredit.

As for one uppers…hulle sal wel êrens teen iemand vas loop wat hulle nie kan one-up nie.

Volgende Blad »