Posts Tagged 'simpeltons'

Jackass 1 – Society 0

Ek’t die hele naweek aan iets gedink om oor te blog, iets wat nogal treffend sal wees. Iets wat my sal aanpor om te skryf asof ek besete is. Ek het iets gekry en dit was ongelukkig nie wat ek wou hê nie ( en om eerlik te wees, sou ek verkies het om disillusioned te bly ) maar soms moet mens ’n sacrifice maak vir die greater good. Ongelukkig is dit nodig dat ons blootgestel word aan ’n vlak van barbaarse brutaliteit sodat ons weet in watse samelewing ons is en saam wie ons daarin lewe.

Ek blaai vinnig deur die sondag koerant en op een van die bladsye kom ek af op ’n foto van ’n kat wat afgryslike wonde het as gevolg van klappers. Die onderskrif vertel dat die dier uitgesit moes word as gevolg van die skade. Dit laat my koud. Mense wat my ken sal weet ek is nie iemand wat kwaad word nie maar hierdie het my sweerlik de moer in gemaak. Ek sien baie dinge oor en diere mishandeling is nie een van hulle nie.

Eerstens, wil ek net vir die mense, persoon sê wat verantwoordelik was vir daardie dier se pyn en lyding : Karma sal jou uitsorteer.

Tweedens het ek heeltemaal my sienswyse oor klappers, vuurwerke en die geldigheid daarvan verander. Ek is nou totaal en al anti-vuurwerk. Enige klappers, vuurwerk moet in my opinie dadelik verwyder word van die rakke en die verkoop daarvan moet either strenger [ duidelik werk die huidige stel regulasies nie ] gereguleer word, of onmiddelik gestaak word.

Miskien is dit verskriklik anti-sosiaal en voel dit asof hierdie stelling indruis teen jou grondwetlike regte om jouself uit te leef en te geniet maar ongelukkig leef ons in ’n samelewing waar idiote hierdie manier van ontspanning en feesviering heeltemaal uitbyt en verander in ’n nagmerrie vir diere en soms ook mense. Idiote wat klappers aan diere vasmaak, na diere gooi, na mense gooi en hulle self in die algemeen nie soos volwasse, verstandige mense kan gedra sodra daar klappers in die omgewing is nie. Ek is seker erens sal daar iemand wees wat sê “Ja maar ek hoef nie te suffer vir ’n select few se stupidity nie, moet ek?” waarop ek antwoord “Hoekom moet diere vir die select few se stupidity suffer?”. Antwoord dit vir my en ek erken miskien jou opinie.

Ek dink nie opvoeding oor hierdie onderwerp sal help nie, want vir elke opgevoede, god-fearing, law-abiding citizen is daar een asshole wat dink dis die oulikste ding om klappers na mense ( en diere ) te gooi en net oor die algemeen kak aan te jaag met dit. Dit is in my opinie nie iets wat sal verander nie. Opvoeding is net suksesvol as die oortrede wil rehabiliteer en daardie deel van die samelewing sal altyd saam ons wees. Dalk kan ons dit toeskryf aan genetiese afwyking, geestesversteuring of net plain stupid maar deur die verwyderbare faktor ( vuurwerke, klappers ) uit hierdie vergelyking te haal sal ons die probleem stop.

Met volgende nuwejaar gaan ek maar die killjoy wees wat die polisie bel vir elke mens wat om my klappers skiet. ( As ek die instrument of learning moet wees, so be it. ).

Dis moontlik dat hierdie post net mense binne in hulle harte gaan opsweep en meer armchair-activists kweek maar dis ok, elke armchair-activist wat ek kan opsweep is ’n moral victory en hopelik oor 5 – 10 dekades sal die barbaarse gebruike wat ons vandag as normaal en cool aanvaar uitgesterf het en iemand sal terug kyk en besef dat dit goed so is.

“Man is the cruelest animal” – Nietzsche