Archive for Augustus, 2008

Olimpiese drome?

Wel, dis nogal n rukkie sedert my laaste post. Thanks vir almal wat wonder oor waar ek is en my welstand. dit word waardeer. Die laaste rukkie is prestasie nogal op my mind. Om meer spesifiek te wees, prestasie van ons olimpiese span. Ek is n realis van nature so ek het expect ons gaan nie te goed vaar nie, maar dit was nie net my “realistic view” nie wat dit kon predict het nie. Ons vorige records is nie stellar nie. Lande soos Amerika, Rusland en China kry in een spele meer medaljes as wat ons sover vanaf Atlanta gekry het. Dis nou 1996. Ok kom ek wees realisties ( soos ek claim ). 1996 kon ons nie rerig baie verwag nie. Hel, net om in die spele te wees is n moerse eer, die sanksies en stuff het ons nogal gescrew pre 1994. So 1996 was ons “get back in the saddle” jaar. Niemand het rerig groot dinge verwag nie en die medaljes wat ons gekry het was soos kersfees bonus.

Nou begin die volgende spele aankom. En dis nou waar die preverbial sh!t die fan strike. As ek dit nie mis het nie, het S.A tennis bankrot gespeel. So daar is ons tennis hopes moertoe. En boonop ( en ek wil net graag hierso convey dat ek nie rassisties is nie, ek spreek net n punt aan soos ek dit sien. ) word ons sport net soos besigheid gemerk deur die afskuwelike ding genaamd “affirmative action”. Blanke mense, indiers, bruin mense word poste geweier oor hulle nie swart is nie en swart mense ( hoofsaaklik, want dis hoe dit vir my lyk ) word in hierdie poste in gedruk. Nou gil die anti-apartheids mense seker “Die rassistiese bliksem!”, maar hou eers n oomblik vas.

Ek kraak nie enige nie-blanke persoon af nie, ek sê bloot dat die affirmative action storie n pot kak is. Talent volle mense ( wit, swart, indier, bruin, etc ) besluit om elders werk te gaan soek oor die gemors. Mense wat ons land op soveel vlakke soos n tennis afrigter kon aanvul besluit nou eerder om hulle heil te gaan soek waar daar meer geleenthede en geld is. Geld is die ander afspring punt vir ons swak vertonings dink ek. Baie sport soorte het nie borge nie. So as ek byvoorbeeld n kaartjie soek vir n event in n ander land, is die kanse baie goed dat ek dit self moet koop. Ek praat nie van plaaslike sport nie, ek praat van internationale sport deelname. Ek meen , hel, ek oefen my selfs septies om in die suid afrikaanse span intekom, hoe verwag jy moet ek nou nog n vlieg kaartjie van der duisende rande bekostig? Get real. Dis genoeg om enige mens se moed en wil om te wen te knak.

Kyk na lande waar atlete goed doen en medaljes wen. Hulle atlete presteer buitengewoon goed en op n vlak is dit seker nasionale trots maar ek glo nie dit gaan enige iemand aanspoor om 6 of meer goue medaljes huistoe te bring nie. Incentive. Incentive bonus is die trek pleister. Gee n honger ou n burger en belowe hom nog ene en hy sal vir jou enige iets try doen. Ons land het nie daai incentives om die atlete aan die gang te kry nie. Ek is patrioties glo my, maar net n blinde ou sal nie hierdie storie kan raak sien nie.