Archive for Oktober, 2008

Springbok embleem op die ‘change-this-it’s-too-pre-94’ lys geplaas

Die Springbok is al jare lank die embleem vir die rugby span. Lank voor die apartheid’s jare tot nou. Deur 4 world cup’s (sedert ‘re-admittance’, waarvan ons 2 gewen het ) , deur Tri-nations toernooie, n hele klomp toere van die wêreld, asook internasionale toetse op eie bodem. Deur dit alles het mense van alle rasse, van alle ouderdomme saamgekom elke keer as die Springbokke op die veld draf, en ons het hulle gecheer met “Go Bokke’. Nou is dit ook in die line of fire. Die springbok is een van vele ander dinge wat onder skoot is en op is vir verandering.

Wat is die doel met die verandering? En hoekom juis nou? Wat probeer Bhutana Komphela uitrig ?

Hier is n quote wat hy na bewering op die National Sports Indaba in Durban gemaak het “The Springbok divides us. We have a responsibility to unite our country on one national emblem” verder “Minister, I want you to observe the arrogance of the white people on the Springbok emblem”

Nice né? Asof net witmense rugby kyk. Asof daar net 30 wit spelers in die Springbok groep is. “arrogance of the white people” . Moerse statement dude. Het Bhutana Komphela elke wit mens wat rugby support ontmoet? Het hy almal wat elke toets wat die Springbokke skree gequery oor dit? En het hy nie opgemerk dat swart mense, bruin mense en ander rasse ook die springbokke ondersteun nie?

“The Springbok divides us.” Bullshit. Wanneer laas was daar enige issue oor die embleem? Toe die ’95 world cup winning team deur die strate beweeg het, was dit net wit mense? By die ’07 final match het ex-pres Mbeki saam die spelers gecelebrate. Voor die bokke oor is het die sabc gelukwensings op die tv uitgesaai, van klomp mense, wit, swart, indiër en meeste mense het gesê “Go Bokke”. Niemand het gekak en kerm oor die embleem nie. Niemand het protes ( die woord [protes] word moer baie vir insignificant goed gebruik deesdae ) aangeteken oor die embleem nie. Dit het ons gebind as n nasie. Nie ‘divide’ nie.

Wat ons ‘divide’ is die volgende: Mense wat nie op grondvlak is nie, wat uit n ander orifice as hulle mond praat. Misdaad. Affirmative action. Politiek. Daai is die goed wat mense divide imo. Nie sport of sport embleme nie. Dis kak. ( sien orifice comment ).

Soos met ander ‘noodsaaklike veranderings’ dink ek persoonlik dis n aanval op wit afrikaners se identiteit as burgers van die land. ‘n Afbreek op die wit man. Let maar op na veranderings van dorp name, straat name. Wie vind aanstoot deur n plek se naam? Tensy dit n genuine racist naam is. Dit sal my ook afpis. (‘n Voorbeeld van sheer lunacy is om Amanzimtoti se naam te wil verander. Wat is racial of racially motivated in daai naam? Comments oor dit sal verwelkom word )

Om die embleem te verander is pathetic en n pathetic manier om ander probleme te verberg. Pleks gaan al die geld wat nodig gaan wees vir die veranderings proses na waardige causes toe soos om sports academies te bou, sport spanne se toerusting op te knap, ander vlakke van sport op te bou. Los die ras uit enige sport uit.

En as die embleem wel verander waarna kyk ons as opvolger vir dit? Watse dier / simbool / kan ons te wagte wees? Ek reken ons kyk na iets soos ‘Zakumi’  Pathetic.

Vir my sal die span altyd die springbokke bly, regardless van die changes. Noem my maar iemand wat dwars draai teen verandering, ek sê egter “If it ain’t broke, don’t fix it.”