Archive for Desember, 2009

Einde van die jaar post

Dis alweer daardie tyd van die jaar ( clichè ). Die tyd wanneer kapitalisme hoogty vier en mense hulself in skuld begewe want dis kersfees. Ek gaan egter nie in hier post enige komentaar daaroor uitspreek nie. Hierdie is slegs om vir almal wat my blog lees en die odd comment het oor my mad, lunatic-like ravings, te sê dankie vir dit.

Dis nogal tough om die blog-wêreld aan te vat en te wen maar ek is bly om te sê dat ek so 6 ( of 5 ) lesers het wat darem gereeld ’n draai maak. Ek wens al die lesers ’n lekker fees seisoen toe en mag julle duur geskenke kry, dronk word verby die normale menslike kapasiteit en nog ander dinge wat gewoonlik hierdie tyd van die jaar gebeur.

Moet asseblief nie drink en bestuur nie, dis net nie cool nie. Moenie enige foto’s neem wat jy later gaan regret nie, moenie nuwejaars voornemens maak nie : ongeveer 0.1% van die populasie hou by hulle sn en ek ken niemand wat in daai persentasie is nie, doen darem een nuwe ding die jaar wat kom, lees my blog [ 😉 ], plant ’n boom of twee want blykbaar is global warming iets erg en green is the new black. So hoor ek maar.

Blog weer in 2010